SAVM Nuus
 

2018 Vagkompetisie

Hugo Wiehahn en Seuns van Tussenbeide in Caledon was weer die wenner wat die kampioen ramvag en kampioen ooivag vertoon het. Op 14 Maart 2018 in Bloemfontein is al die wolvagte wat ingeskryf was vir vanjaar se nasionale vagkompetisie vir SA Vleismerino wol, beoordeel deur BKB en die NWKV. Hugo Wiehahn en seuns het met die louere weggestap en ook die meeste punte behaal in die kompetisie.

Foto:  Hugo en Cormarie Wiehahn saam met hulle oudste seun Johan Wiehahn by die kampioen vagte.

_________________________________________________________________________________________________

Awards

Awards for services to the society handed out on 1 August 2017 after the AGM during the evening function.

Oorkondes vir jarelange diens aan die ras en sy mense is aan Riaan Myburgh, Henning Vorster en Johan Kotze (ontvang deur sy seun Hannes) oorhandig deur Presidentspaar Manie & Alta Lombard.      

Ere Toekennings voertuigplakkers vir 20 en 30 jaar Lidmaatskap is aan Leon Becker (30 jaar), Hugh Smith (20 jaar), Jack Strauss (20 jaar – ontvang deur sy Pa Johann) en Cornie van den Heever (30 jaar) is oorhandig deur Presidentspaar Manie en Alta Lombard.

 

 

Sertifikate vir jare stoetteling is toegeken aan:  Hennie Vermaak en Michiel du Toit vir 60 jaar (Diamant Sertifikaat), Kobus de Jager vir 50 jaar (Goud Sertifikaat), Alta en Manie Lombard vir 40 jaar (Spesiale Sertifikaat) en Gerhard
Hartman vir 25 jaar (Silwer Sertifikaat).  

Hier oorhandig Jan Vosloo (bestuurder) ‘n oorkonde aan Hennie Hattingh tydens die Paarl veiling aangesien Hennie nie by die AJV in Bloemfontein kon wees nie.     

_________________________________________________________________________________________________

Ram verkoop tydens Nasionale Skou

Ram 5043 WTM is verkoop vir R40 000 op die stilveiling metode tydens die SA skou op 16 Maart 2017.

Persone op foto: Die kopers is Hannes Kotze van Moorreesburg, Willem Engelbrecht van Clanwilliam, Maritz Mouton van Piketberg en Loutjie Hanekom van Clanwilliam, Riaan Myburgh van Moorreesburg is die verkoper en die hanteerder is Hendrikus Meintjies.

_________________________________________________________________________________________________

SAVM Nasionale Vagkompetisie

Koos Vorster, Johann Strauss (vertoner van Kampioen Ooivag en Reserwe Ramvag), Robert Scott (BKB borg en beoordelaar), Hugo en Johan Wiehahn (083 456 4582) van Tussenbeide in Caledon (vertoners van Kampioen Ramvag en Reserwe Ooivag. Hulle het die meeste punte behaal in vanjaar se SAVM Nasionale Vagkompetisie).

_________________________________________________________________________________________________

SAVM Slaglammers maak skoonskip

Vleismerino lammers het weer die Swartland lamkarkaskompetisie oorheers wat vroeg September vanjaar saam met Moorreesburg Skou aangebied was.

Die wenkarkas was ‘n SAVM lam van Willem de Waal van Moorreesburg.  Tweede en Vierde was SAVM lammers van Jimmy van der Spuy van Adderley Boerdery in Durbanville en vyfde was ‘n SAVM lam van Hannes Kotze van Moorreesburg.

Ideale vetverspreiding en die pragtige bouvorm van die lammers het die deurslag gegee. 

Op die foto by die kampioen slaglam is mnr Tommy Moolman van Tomis Abattoir naby Hermon, waar die lammers geslag is.

_________________________________________________________________________________________________

Algemene Jaarvergadering

Tydens die funksie na die SAVM jaarvergadering het die voorsitter van Noord Vrystaat SAVM klub, mnr Hennie Blomerus, vir Bennie en Neline Pienaar gelukgewens met die uiters geslaagde boeredag wat hulle op 27 Julie vanjaar by Rooiskool in Kroonstad aangebied het.  Meer as 350 mense het dié dag bygewoon en hy het hulle hartlik bedank vir hulle harde werk en opofferinge.

Toekennings aan Ouer Stoete
Na die SAVM jaarvergadering op 1 Augustus 2016 is die volgende stoete vereer met sertifikate vir jare stoetteling:

Theo Coetzee van Postmasburg (30 jaar), Hennie Blomerus van Steynsburg (25 jaar), Regter Fouché Jordaan van Bloemfontein (25 jaar), Johann Strauss van Calvinia (40 jaar), Buks de Wet van Graaff-Reinet (40 jaar), Henning Vorster van Middelburg (60 jaar), Hannes Hanekom van Eendekuil (60 jaar) is nie op foto nie.
Voor is Wouter Theron jnr van Bethal (40 jaar) en Koos de Wet van Graaff-Reinet (20 jaar).

_________________________________________________________________________________________________

Skou Presteerders


Isak en Pieter van Heerden van Wesselsbron ontvang die “OVK/CMW Kampioen Ooiteler 2016” toekenning, Jan van Biljon van Viljoenskroon ontvang die “OVK/CMW Kampioen Ramteler 2016” toekenning vanaf John Melville van CMW (heel regs).


Mike van den Berg van BKB oorhandig die “BKB Teler van Kampioene 2016” toekenning sowel as die “BKB Victor Ludorum 2016” toekenning vir die vertoner wat die meeste punte verwerf het tydens die SA Kampioenskappe.

_________________________________________________________________________________________________

Swartland Kampioen Slaglam

RPO se Swartland Kampioen Slaglam wat tydens Moorreesburg Skou in September vanjaar aangebied was.

Die wenner aan die haak was ‘n SA Vleismerino lam wat ingeskryf is deur mnr Jimmy van der Spuy van Adderley Boerdery in Durbanville. Die A2 lamkarkas het 24.3kg geweeg en is aangekoop vir R2650 deur mnr Tommy Moolman van Tomis Abattoir naby Hermon.  Weens die ideale vetverspreiding van die lam, het dit bykans volpunte behaal vir die verhouding van vleis : onderhuidse vet wat objektief deur SAMIC gemeet word.


Op die foto staan mnr Jimmy van der Spuy en sy vrou Marine weerskante van die pragtige slaglam en Tommy Moolman is regs (Besturende Direkteur van Tomis Abattoir).

_________________________________________________________________________________________________

Ouer stoete vereer op 2015 AJV

Stoettelers wat toekennings ontvang het tydens die ras se Algemene Jaarvergadering op 5 Augustus 2015 te Bloemskou, vir 30 jaar en langer stoetteling van S A Vleismerino’s.

30 tot 39 Jaar Stoetteling
Vlnr. Johan Kotze van Moorreesburg, Pieter Badenhorst van Colesberg, Manie Lombard van Oranjeville, PW van Heerden van Wesselsbron, Jan Haasbroek van Hoopstad, Buks de Wet van Graaff-Reinet, Niekie Pienaar van Vredenburg, Johann Strauss van Calvinia en Jacques Obermeyer van Klapmuts.

40 tot 49 Jaar Stoetteling
Vlnr. Riaan Myburgh van Moorreesburg, Francois du Bois van Porterville, Du Toit Cillié van Porterville, Gerrie Muller van Frankfort, Faan Greyling van Lady Grey, Hendrik Joubert van Bultfontein en Niekie Fourie van Christiana.

   

50 tot 59 Jaar Stoetteling
Vlnr. Hugh Smith van Dordrecht, Manie van Niekerk van Kroonstad, Hennie Vermaak van Clocolan, Hannes Hanekom van Eendekuil en Henning Vorster van Middelburg (Oos-Kaap).

60 Jaar en langer Stoetteling
Vlnr. Hugo Wiehahn van Caledon, Whellan Simkin van Dewetsdorp, Jan van Biljon van Viljoenskroon, Francois Vorster van Lady Grey en dr Buks Olivier van Wes-Kaap Departement van Landbou te Elsenburg.

_________________________________________________________________________________________________
 

Die vyfling met hulle uitsonderlike moeder 13-066 HWB

Op die foto is die lammers 90 dae oud en weeg gesamentlik 189kg, met die swaarste lam reeds 42kg.  Hulle was verwek met natuurlike paring met ram 13-091 HWB. Die ooi het normaal gelam sonder enige hulp.  Die lammers het tot op vyf weke ouderdom elk 500ml “Suromel vir lammers” as byvoeding ontvang.  Die ooi met haar vyfling het bedags op rooigras weiding gewei en het saans lamhokkiekorrels in die kraal ontvang.

_________________________________________________________________________________________________
 

SAVM vereer Koos Pansegrouw

Die SA Vleismerino Telersgenootskap het tydens verlede week se Nasionale Skou ‘n oorkonde oorhandig aan mnr Koos Pansegrouw, bekende boer van Rouxville, wat vir 23 jaar die mikrofoon hanteer het. Mnr Pansegrouw met sy kwinkslae het met welslae die aankondigings hanteer sedert die dae toe hy nog ‘n verteenwoordiger was destyds by Coopers Dieregesondheid. Coopers se naam het verander na Hoechst en later na Intervet tot en met sy uittrede by hulle (deesdae bekend as MSD). Hy het ook altyd as seremoniemeester opgetree by alle aandfunksies van die SA Vleismerino’s. Die SA Vleismerino mense het groot waardering vir Koos Pansegrouw se opofferinge oor baie jare en wou hom graag op gepaste wyse vereer vir sy jarelange diens en bydrae tot die sukses van die jaarlikse Nasionale Kampioenskap-skou vir SA Vleismerino’s wat elke jaar gedurende die 3de week van Maart by Bloemfontein Skougronde aangebied word. Koos Pansegrouw is baie lief vir diere en vir mense en het altyd tyd vir ‘n grappie met sy opgeruimde geaardheid.


Koos Pansegrouw (links), waar Jan Vosloo aan hom die toekenning (oorkonde) tydens verlede week se SA Vleismerino Nasionale Kampioenskappe oorhandig het in die BKB saal te Bloemskou.

_________________________________________________________________________________________________
 

2014 SAVM Toekennings

Tydens die Algemene Jaarvergadering van SA Vleismerino lede (op 5 Augustus 2014) is 4 van die “veteraan” telers vereer met oorkondes vir hulle positiewe bydrae oor baie jare tot die bevordering van die SA Vleismerino ras.  


V
.l.n.r. : Jan van Biljon van Viljoenskroon, Hugo Wiehahn van Caledon, Gerrie Muller van Frankfort en Johann Strauss van Calvinia.    

_________________________________________________________________________________________________
 

2013 SAVM Toekennings

Tydens die Algemene Jaarvergadering van die SA Vleismerino Telers is twee Wes-Kapenaars vereer met oorkondes van die genootskap vir hulle jarelange en onbaatsugtige diens ter bevordering van die SA Vleismerino ras. Hulle onderskeie bydraes word erken en waardeer deur die genootskap en sy lede.


V
.l.n.r. : Mnr Jimmy van der Spuy van Adderley Boerdery in Durbanville, Manie Lombard (herverkose president van die SAVM telersgenootskap) van Oranjeville en regs is dr LG (Blackie) Swart van Vredebest Plase by Klapmuts.

_________________________________________________________________________________________________
 

2013 SA Vleismerino Nasionale Vagkompetisie Uitslae

Verlede week op 21 Maart 2013 is die Nasionale Vagkompetisie vir SA Vleismerino wol in Bloemfontein beoordeel. Dit vind plaas onder die vaandel van die NWKV (Nasionale Wolkwekers Vereniging) en die beoordelaars was mnre Jan Louis Venter van die NWKV in Bloemfontein (Produksie Adviseur) en Robert Scott van BKB hoofkantoor in P.E. (Hoof van Wol – Oos). BKB het die vagkompetisie moontlik gemaak met ‘n borgskap. Dit word sedert 1985 jaarliks aangebied en is begin deur Gerald van Heerden wat destyds in diens van die NWKV was.

Daar was 60 van die beste vagte wat vanoor die hele land ingeskryf was, uitgestal in Bloemfontein by die Skougronde en die uitslae was as volg:


Ramvagte: (Punte behaal uit 100 in hakies)

1. Kampioen Ramvag (88%) - Hugo Wiehahn en seuns van die plaas Tussenbeide in Caledon
2. Reserwe Kampioen Ramvag (86%) - Hugo Wiehahn en seuns van die plaas Tussenbeide in Caledon
3. 3de Plasing Ramvag (85%) - Hugo Wiehahn en seuns van die plaas Tussenbeide in Caledon

Ooivagte:

1. Kampioen Ooivag (88%) - Buks & Koos de Wet van die plaas Allemanskraal in Graaff-Reinet
2. Reserwe Kampioen Ooivag (85%) - Johann Strauss van die plaas Platberg in Calvinia
3. 3de Plasing Ooivag (81%) - Buks & Koos de Wet van die plaas Allemanskraal in Graaff-Reinet

Groep van 3 vagte:

1. Kampioen groep vagte - Hugo Wiehahn en seuns van die plaas Tussenbeide in Caledon
2. Reserwe Kampioen groep vagte - Buks & Koos de Wet van die plaas Allemanskraal in Graaff-Reinet
3. 3de Plasing vir groep vagte - Johann Strauss van die plaas Platberg in Calvinia

Meeste Punte in Vagkompetisie 2013:

Hugo Wiehahn en seuns van die plaas Tussenbeide in Caledon


V.l.n.r. : Buks de Wet, Koos de Wet, Robert Scott en Hugo Wiehahn by die Kampioen Ooi- en Ramvagte.

_________________________________________________________________________________________________
 

Toekennings 2012

Tydens die onlangse Algemene Jaarvergadering van die SA Vleismerino Telersgenootskap is drie van die ouer telers en ware strydrosse, vereer met Oorkondes vir hulle jarelange ywer om die ras te bevorder en hulle voortgesette betrokkenheid by veilings, skoue en doelgerigte teling van SA Vleismerino’s.   Hulle is al drie bo 77 jaar, wat ‘n prestasie!

Foto regs: v.l.n.r. George Smith van Dordrecht, Johnny van Riet van Excelsior, Buks de Wet van Graaff-Reinet en Manie Lombard van Oranjeville (herverkose president van die SA Vleismerino Telers) wat die oorkondes oorhandig het.

_________________________________________________________________________________________________
 

CMW Kampioen Ramteler 2012

Die wolmakelaar CMW (Cape Mohair & Wool) van Port Elizabeth borg elke jaar die toekenning.

Vanjaar was Manie van Niekerk van die stoet Hermanusgeluk naby Kroonstad aangewys as CMW Kampioen Ramteler by die SA Vleismerino Nasionale Kampioenskappe 2012.

Links op die foto is John Melville van CMW wat die prys oorhandig het.

_________________________________________________________________________________________________
 

BKB Victor Ludorum 2012

Op die foto oorhandig Fanie Ferreira van BKB die toekenning " Victor Ludorum wisseltrofee " aan Jan van Biljon van Niekerksrus stoet naby Viljoenskroon.

Dis die 18de agtereenvolgende keer dat van Biljon die vertoner was wat die meeste punte behaal het tydens die skou vir SA Vleismerino's en dus die Victor Ludorum trofee weer verower het.

Jan van Biljon het 53 punte behaal en die naaswenner was Manie van Niekerk wat met 38 punte, die 2de meeste punte behaal het.

_________________________________________________________________________________________________
  

Beoordelaars

Op die foto is die beoordelaars wat vanjaar die SA Vleismerino skape
beoordeel het in Bloemfontein.

V.l.n.r. Whellan Simkin van Dewetsdorp, Jacques Potgieter van Winburg, Manie Lombard van Oranjeville en George Latsky van CMW in Ermelo.
 

_________________________________________________________________________________________________
 

Grootste Klas Ooit

Vanjaar was daar 94 ramme in een klas beoordeel in die ring.  Dit was in klas 15 vir ramme onder 24 maande wat 130 -140 kg weeg waar daar so baie ramme vertoon is.  Die vorige meeste was 82 in hierdie klas.  Hierdie ramme sal bykans almal gedurende Augustus en September op SA Vleismerino ramveilings aangebied word. 

Die gehalte was wêreldklas en die beoordelaars moes kopkrap om die wenners aan te wys – sien foto wat tydens die beoordeling van klas 15 geneem is.

_________________________________________________________________________________________________
 

Vagkompetisie

Die Nasionale Vagkompetisie vir SA Vleismerino wol word jaarliks aangebied saam met die Kampioenskapskou.  Dit vind plaas onder die vaandel van die NWKV en word geborg deur BKB.

Op die foto is v.l.n.r. Jan-Louis Venter van die NWKV in Bloemfontein wat een van die wolbeoordelaars was, Johann Strauss van Calvinia wat die Kampioen Ooivag ingeskryf het, Whellan Simkin van Dewetsdorp wat die beste groep van 3 vagte ingeskryf het, Jan van Biljon van Viljoenskroon wat die Kampioen Ramvag ingeskryf het en regs staan Robert Scott van BKB in P.E. wat die ander wolbeoordelaar was. 
 

Die gehalte van die wolvagte wat ingeskryf was, was besonder goed volgens die twee beoordelaars.
_________________________________________________________________________________________________
 

BKB Teler van Kampioene 2012

Mnr Manie van Niekerk van Hermanusgelukstoet naby Kroonstad het vanjaar vir die eerste keer die gesogte toekenning wat jaarliks geborg word deur BKB, ontvang.

Hy het die meeste Kampioene vertoon tydens die 3 dae waarop die SA Vleismerino Nasionale Kampioenskappe aangebied was.

Fanie Ferreira staan regs op die foto en hy is die BKB Bestuurder Vesel - Noordstreek en woon in Bloemfontein.

© 2012 - 2018  SA Vleismerino Genootskap / SA Mutton Merino Society • Alle regte voorbehou • Webblad Terme & Voorwaardes