SKOUE SAVM Nasionale Kampioenskappe

Argief:  2012 SAVM Nasionale Kampioenskappe
Argief:  2013 SAVM Nasionale Kampioenskappe
Argief:  2014 SAVM Nasionale Kampioenskappe
Argief:  2015 SAVM Nasionale Kampioenskappe

Argief:  2016 SAVM Nasionale Kampioenskappe
Argief:  2017 SAVM Nasionale Kampioenskappe

2018 Nasionale SA Vleismerino Kampioenskappe
13 - 15 Maart 2018 te Bloemfontein Skougronde
►  2018 Skou Uitslae

Wolkampioen Ramlam onder 8 maande -  7025 KIN is vertoon deur Joe Elmarie Wilkinson (072 146 0467) van Enkeldoorn stoet in Vereeniging saam met Kenny Mohape. 

Wolkampioen Ramlam onder 12 maande -  7040 H is vertoon deur Hardus en Renier Botha (082 413 8426) van Ebarjonier stoet in Potchefstroom saam met William Tsoaela en Jan Joubert (BKB Bloemfontein).

 

 

Junior Kampioen Wolram - 6144 GZ vertoon deur Faan Greyling (076 111 9575) van Ricksuhill in Lady Grey.  Links van hom is Mike van den Berg (BKB Vesel bestuurder sentraal) en regs van hom is Laurens Kalipa en Henri Naudé (BKB Barkly Oos).

Senior Kampioen Wolram - 6141 VAG vertoon deur Adel en Van Aardt Greyling (082 782 7674) van VAG stoet in Dordrecht.  Links van hulle is Mike van den Berg (BKB Vesel bestuurder sentraal) en regs is Pietman Lande en Henri Naudé (BKB Barkly Oos).

 

 

Kampioen Superlam - 7300 H vertoon deur Hardus Botha (082 413 8426) van Ebarjonier stoet in Potchefstroom saam met William Tsoaela.  Links is Paul van den Berg (FNB Landbou in Bloemfontein).

Kampioen Ligte Ramlam - 7062 NWB vertoon deur Maritz en Devilliers Mouton (082 783 1972) van Nuwerus boerdery in Piketberg saam met Jacobus Goliath.  Links is Paul van den Berg (FNB Landbou in Bloemfontein).

 

 

Kampioen Swaar Ramlam - 7080 GZ vertoon deur Faan en Van Aardt Greyling van (076 111 9575) van Ricksuhill in Lady Grey saam met Laurens Kalipa.  Links van hulle is Janik Bekker (Meadow Feeds in Hertzogville).

Junior Kampioen Ram - 6306 XK vertoon deur Hannes Kotze (082 926 1179) van Alexandershoek in Moorreesburg saam met Dirk Jaars.  Links is Robert Harris en heel regs is Leon van Dijkhorst (albei van Voermol in Bloemfontein).

 

 

 

Senior Kampioen Ram & Reserwe - 6136 XK en 6341 XK is beide vertoon deur Hannes Kotze (082 926 1179) van Alexandershoek in Moorreesburg saam met Dirk Jaars en Jeremy Cleophas.  Links is John Melville (OVK Bloemfontein). 

 

   

Hannes Kotze van Moorreesburg (links op foto) was aangewys as die “BKB Teler van Kampioene vir 2018”.  Hier oorhandig Jacobus le Roux (best. openbare betrekkinge van BKB in PE) die gesogte prys aan hom.

Hannes Kotze van Moorreesburg (links op foto) was ook aangewys as die “VEEPLAAS Teler wat die meeste punte verwerf het op 2018 se Nasionale Kampioenskappe”.

© 2012 - 2018  SA Vleismerino Genootskap / SA Mutton Merino Society • Alle regte voorbehou • Webblad Terme & Voorwaardes