SKOUE Noordwes Kampioenskappe

Noordwes Kampioenskappe vir  SA Vleismerino’s is op 25 April 2013 by Lichtenburg Skou aangebied.

Daar was 9 stoete wat met 172 skape deelgeneem het volgens die organiseerder, mnr Corrie Claasen.  Hy het die foto’s verskaf.

Die Beoordelaars was Gerrie Muller en Jan van Biljon wat ook op die foto’s verskyn.

Junior Kampioen Ooi vertoon deur Cornie van den Heever
van Schweizer Reneke.
Kampioen Ramlam vertoon deur PW van Heerden van Wesselsbron.  Hy het ook die Kampioen Ooilam vertoon.
   
Junior Kampioen Ram (agter) sowel as die Senior Kampioen Ram (voor) is vertoon deur Jan Haasbroek van Hoopstad. Reserwe Senior Kampioen Ram is vertoon deur Ansie Rivers van Lichtenburg.

Volgende jaar gaan dié skoudatum te Lichtenburg DV op 25 en 26 Maart 2014 wees.

© 2012 - 2018  SA Vleismerino Genootskap / SA Mutton Merino Society • Alle regte voorbehou • Webblad Terme & Voorwaardes