VEILINGS Veilingsuitslae
Terug na vorige bladsy

Adam Vermaak Veiling

Nuutbegin Stoet verkoop goeie SA Vleismerino’s

Adam en Andelie Vermaak het op Dinsdag 19 Junie 2012 op die plaas Ellerslie in die Winterton distrik hul 2de Produksieveiling van hul Nuutbegin SA Vleismerino Stoet aangebied.

Die duurste ram AVE10-233 is teen R 15 000 aan Gideon Wessels van Randburg verkoop. Die naasduurste ram het teen
R12 000 verkoop en is deur Deon van Heerden van Winterton gekoop. ’n Gemiddeld van R 6 720 elk is op die ramme behaal, terwyl dragtige ooie ’n gemiddeld van R 1 947 elk behaal het.

Die veiling is aangebied deur BKBLouwid KZN met Jan Mostert as Afslaer.


Duurste ram
V.l.n.r.:  Gideon Wessels (koper), Jan Mostert (BKBLouwid Bestuurder: Spesiale en Stoetvee Veilings en Afslaer); Adam Vermaak (verkoper) en Walter Pretorius (BKBLouwid Bestuurder: KZN)

© 2012 - 2018  SA Vleismerino Genootskap / SA Mutton Merino Society • Alle regte voorbehou • Webblad Terme & Voorwaardes