(051) 522 6827        084 580 3413        sammsheep@yebo.co.za

SAVM Nuus
___________________________________________

    2024 AJV Toekennings

Toekennings oorhandig na die Algemene Jaarvergadering op 06 Augustus 2024:

Toekenning aan personeellid, Elza Maritz, wat laas jaar uitgetree het, vir 11 jaar diens. Regs is Manie Lombard (President).

Toekenning aan Sekretaresse, Adri Mouton, wat 31 Julie uitgetree het, vir 16 jaar diens. Links is Alta Lombard en heel regs is Manie Lombard (President).

Money Maker Ram Toekenning vir Ram GM 19-0092, aan Andre Malherbe. Regs is Alta Lombard (vrou van President).

Stoete wat mylpale bereik het is: Wouter du Plooy vir 20 jaar Stoetteling en Jan van Biljon en Hugo Wiehahn wie se stoete al elkeen meer as 70 jaar bestaan.

Senior Lede bo 75 jaar wat nog self betrokke is en toekennings ontvang het is: v.l.n.r. Buks de Wet (ontvang deur seun, Koos), Jannie du Toit (het ook Niekie Pienaar s’n ontvang), Hugo Wiehahn, Gerrie Muller (nie meer lid, maar steeds Senior Keurder, Jan van Biljon, Joubert van Wyk en Johan Kotzé (ontvang deur seun, Hannes).

Manie Lombard ontvang Ere-President Toekenning van Gerhard Hartman (nuutverkose President).

John Morris, die Stoetbestuurder van die Universiteit van Stellenbosch se SAVM stoet, ontvang die Goue Sertifikaat toekenning  vir 50 jaar Stoetteling.

Die laaste Toekenning is by BONA BONA Veiling (oorhandig op 21 Augustus), aan Wilru Campher vir 25 jaar Stoetteling, deur ons nuwe President Gerhard Hartman (links).

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

    2024 SA Kampioenskappe
 
Rowlen von Gericke was die "BKB Teler van Kampioene 2024" en hy het ook die meeste punte gekry op die SAVM skou. Sodoende het hy die "BKB Victor Ludorum 2024" toekenning verwerf. Mike van den Berg van BKB het die toekennings oorhandig.

Hugh Smith het die "OVK Kampioen Ramteler baadjie 2024" toekenning gekry met sy vertoning van die Senior Kampioen SAVM Ram vanjaar. John Melville oorhandig diè prys.

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

    2023 Super Ramskou

Toekennings oorhandig tydens ons Super Ramskou op 14 September te NAMPO / KAAP, Bredasdorp:

AJ van Wyk het namens Vetkragga Boerdery van Riversdal, 'n toekenning vir 20 jaar stoetteling ontvang.

Robert Scott wat lank vir BKB gewerk het Oorkonde ontvang vir sy reuse-aandeel met die verbetering van die SAVM ras se wol.

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

    AJV 2023 Toekennings

Toekennings oorhandig na die Algemene Jaarvergadering tydens die Aandfunksie op 1 Augustus 2023:

Vir volharding met SAVM teling aan mev Augusta Minnaar van Merga stoet vir 50 jaar stoetteling, aan mnr Dawie Strauss vir 40 jaar stoetteling en aan mnr Dolf du Bruyn vir 20 jaar stoetteling.

Die “MoneyMaker” Ram toekenning vir 2023 het gegaan aan Stelena stoet. Hier wens Vise-President, mnr Gerhard Hartman (middel) vir Manie en Alta Lombard geluk met hulle ram 8030 LT, wie se 4 seuns die beste pryse behaal het op die afgelope 2 jaar se Augustus Nasionale Veilings.

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

    AJV 2022 Toekennings

Die voorsitter Manie Lombard en sy vrou Alta oorhandig die volgende Toekennings net na die Algemene jaarvergadering:

Vir volharding met SAVM teling aan mnr Gerhard Hartman (GLH) vir 30 jaar stoetteling, aan mnr Manie van Niekerk (HVN) vir 60 jaar stoetteling en aan mnr Hugh Smith (IAN) vir 25 jaar stoetteling.

Die “MoneyMaker” Ram toekenning gaan aan Faan Greyling vir die ram 5059 GZ wie se 4 seuns die beste pryse behaal het op die afgelope 2 jaar se Genootskaps veilings

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

    2022 Nasionale Vagkompetisie

Die uitslae van die Nasionale Vagkompetisie wat saam met die Nasionale Skou gehou was is:

OOIVAGTE:
1. Kampioen ooivag = Hugo Wiehahn & Seuns van Caledon
2. Reserwe ooivag = Hugo Wiehahn & Seuns van Caledon
3. Derde plek = Hugo Wiehahn & Seuns van Caledon

RAMVAGTE:
1. Kampioen Ramvag = Greyling Boerdery van Lady Grey / Dordrecht
2. Reserwe Ramvag = Hugo Wiehahn & Seuns van Caledon
3. Derde plek = Nuwerus Boerdery van Piketberg

MEESTE PUNTE = Hugo Wiehahn & Seuns van Caledon

Gert Jordaan (BKB borg) saam met Hugo Wiehahn by sy wenvagte. Gert Jordaan (BKB borg) saam met Van Aardt en Faan Greyling by hulle beste ramvag.

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

    2022 Nasionale Kampioenskappe - Meeste Punte

Met die week se nasionale skou is Gert Malherbe Bdy van Hertzogville aangewys as die BKB Teler van Kampioene en het ook die meeste punte op die skou verwerf en daarmee die BKB Victor Ludorum wisseltrofee gewen.

Op die foto is Gert Jordaan (BKB borg), RC Malherbe, Andre Malherbe saam met hulle pa, Gert Malherbe.

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

    AJV 2021 Toekennings

By die AJV gehou op 3 Augustus 2021 is toekennings oorhandig aan:

Links is Faan Greyling van Dordrecht wat 'n sertifikaat ontvang het vir 50 jaar stoetteling en regs is Koos de Wet van Graaff-Reinet wie se stoet vanjaar 25 jaar oud is.

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

    AJV 2020 Toekennings

By AJV is toekennings oorhandig aan:

Van Aardt Greyling vir 25 jaar lidmaatskap van sy VAG Stoet en Hardus Botha vir 20 jaar lidmaatskap van sy Ebarjoernier Stoet.

Sanniesguns Boerdery Trust se Sanniesguns Stoet is vanjaar 50 jaar oud. Hier ontvang Jacky Joubert hul Goue Toekenning vanaf president, Manie Lombard.

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

    Goeie genetika sorg vir beter produksie

Laasjaar op 22 Mei het Deon van Wyk van Delmas die stoetooi, 6250 LT (dragtig met 3-ling) vir 'n rekordprys van R 20 000 gekoop by Manie Lombard van Stelena stoet se veiling, naby Oranjeville.

Vanjaar het dié ooi weer drie sterk lammers in die lewe gebring! Hulle geboortemassas was 5.8kg, 5.2kg en 52kg onderskeidelik.

Goeie genetika sorg vir beter produksie!!

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

(Volksblad)

(Media 24)

    Skaapboer van die Jaar 2019

Vleismerino boere, Cobus van Coller en sy vrou, Magdel, van Viljoenskroon is aangewys as die wenners van die 16de Skaapboer van die Jaar. Die toekennings is op 13 November 2019 in samewerking met Voermol, BKB, FNB, Zoetis en Landbouweekblad in Bloemfontein oorhandig.

V.l.n.r. Van links is mnr. Jacobus le Roux en dr. Cobus Oberholster (albei BKB), mnr. Cobus van Coller en sy vrou, Magdel (skaapwenners, Libanon, Viljoenskroon), me. Maderie en haar man, Sas le Roux (Voermol), me. Nelia Richter (Landbouweekblad) en mnr. Mark Barlow Voermol).

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

    Toekennings by 2019 Algemene Jaarvergadering

V.l.n.r. Manie en Alta Lombard (President en sy vrou) het die toekennings oorhandig, 25 jaar teling aan Christo Brand van Delareyville (ontvang deur Theuns Barnard van BKB), 30 jaar teling aan Maritz Mouton van Piketberg, 30 jaar teling aan Jan Uys van Steynsrus, 40 jaar teling aan Stefan Scott van Winburg, 40 jaar teling aan Hannes Kotze van Moorreesburg, 25 jaar asook 'n 50 jaar goue toekenning aan Loutjie Hanekom van Clanwilliam (vir Welgemeen- en Kleinsandfontein stoete onderskeidelik).

V.l.n.r. Oom Johnny van Riet kon nie die AJV bywoon nie. Hier ontvang hy sy 60 jaar toekenning, ondersteun deur sy seun Pieter van Riet, oorhandig deur Dawie Strauss (voorsitter van Senclomar veldramklub). Oom Johnny het self dié Barolong stoet begin op 10 Julie 1959. Hy is die oudste lewende aktiewe lid van die SAVM Genootskap.

Baie geluk aan al die lojale telers wat die ras help opbou het!

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

    Toekenning aan Rasdirekteur

Toekenning oorhandig aan Jan Vosloo vir 21 jaar uitsonderlike diens aan die Genootskap.

V.l.n.r: Manie en Alta Lombard & Jan Vosloo

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

    2018 Vagkompetisie

Hugo Wiehahn en Seuns van Tussenbeide in Caledon was weer die wenner wat die kampioen ramvag en kampioen ooivag vertoon het. Op 14 Maart 2018 in Bloemfontein is al die wolvagte wat ingeskryf was vir vanjaar se nasionale vagkompetisie vir SA Vleismerino wol, beoordeel deur BKB en die NWKV. Hugo Wiehahn en seuns het met die louere weggestap en ook die meeste punte behaal in die kompetisie.

Foto: Hugo en Cormarie Wiehahn saam met hulle oudste seun Johan Wiehahn by die kampioen vagte.

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

    Toekennings vir diens aan die genootskap

Oorhandig op 1 Augustus 2017 na die AJV tydens die aandfunksie.

Oorkondes vir jarelange diens aan die ras en sy mense is aan Riaan Myburgh, Henning Vorster en Johan Kotze (ontvang deur sy seun Hannes) oorhandig deur Presidentspaar Manie & Alta Lombard.

Ere Toekennings voertuigplakkers vir 20 en 30 jaar Lidmaatskap is aan Leon Becker (30 jaar), Hugh Smith (20 jaar), Jack Strauss (20 jaar – ontvang deur sy Pa Johann) en Cornie van den Heever (30 jaar) is oorhandig deur Presidentspaar Manie en Alta Lombard.

Sertifikate vir jare stoetteling is toegeken aan: Hennie Vermaak en Michiel du Toit vir 60 jaar (Diamant Sertifikaat), Kobus de Jager vir 50 jaar (Goud Sertifikaat), Alta en Manie Lombard vir 40 jaar (Spesiale Sertifikaat) en Gerhard

Hartman vir 25 jaar (Silwer Sertifikaat).
Hier oorhandig Jan Vosloo (bestuurder) ‘n oorkonde aan Hennie Hattingh tydens die Paarl veiling aangesien Hennie nie by die AJV in Bloemfontein kon wees nie.

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

    Ram verkoop tydens 2017 Nasionale Skou

Ram 5043 WTM is verkoop vir R40 000 op die stilveiling metode tydens die SA skou op 16 Maart 2017.

Persone op foto: Die kopers is Hannes Kotze van Moorreesburg, Willem Engelbrecht van Clanwilliam, Maritz Mouton van Piketberg en Loutjie Hanekom van Clanwilliam, Riaan Myburgh van Moorreesburg is die verkoper en die hanteerder is Hendrikus Meintjies.

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

    2017 SAVM Nasionale Vagkompetisie

Koos Vorster, Johann Strauss (vertoner van Kampioen Ooivag en Reserwe Ramvag), Robert Scott (BKB borg en beoordelaar), Hugo en Johan Wiehahn (083 456 4582) van Tussenbeide in Caledon (vertoners van Kampioen Ramvag en Reserwe Ooivag. Hulle het die meeste punte behaal in vanjaar se SAVM Nasionale Vagkompetisie).

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

    SAVM Slaglammers maak skoonskip

Vleismerino lammers het weer die Swartland lamkarkaskompetisie oorheers wat vroeg September vanjaar saam met Moorreesburg Skou aangebied was.

Die wenkarkas was ‘n SAVM lam van Willem de Waal van Moorreesburg. Tweede en Vierde was SAVM lammers van Jimmy van der Spuy van Adderley Boerdery in Durbanville en vyfde was ‘n SAVM lam van Hannes Kotze van Moorreesburg.

Ideale vetverspreiding en die pragtige bouvorm van die lammers het die deurslag gegee.

Op die foto by die kampioen slaglam is mnr Tommy Moolman van Tomis Abattoir naby Hermon, waar die lammers geslag is.

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

    Algemene Jaarvergadering

Tydens die funksie na die SAVM jaarvergadering het die voorsitter van Noord Vrystaat SAVM klub, mnr Hennie Blomerus, vir Bennie en Neline Pienaar gelukgewens met die uiters geslaagde boeredag wat hulle op 27 Julie vanjaar by Rooiskool in Kroonstad aangebied het. Meer as 350 mense het dié dag bygewoon en hy het hulle hartlik bedank vir hulle harde werk en opofferinge.
Toekennings aan Ouer Stoete

Na die SAVM jaarvergadering op 1 Augustus 2016 is die volgende stoete vereer met sertifikate vir jare stoetteling:

Theo Coetzee van Postmasburg (30 jaar), Hennie Blomerus van Steynsburg (25 jaar), Regter Fouché Jordaan van Bloemfontein (25 jaar), Johann Strauss van Calvinia (40 jaar), Buks de Wet van Graaff-Reinet (40 jaar), Henning Vorster van Middelburg (60 jaar), Hannes Hanekom van Eendekuil (60 jaar) is nie op foto nie.  Voor is Wouter Theron jnr van Bethal (40 jaar) en Koos de Wet van Graaff-Reinet (20 jaar).

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

    Skou Presteerders

Isak en Pieter van Heerden van Wesselsbron ontvang die “OVK/CMW Kampioen Ooiteler 2016” toekenning, Jan van Biljon van Viljoenskroon ontvang die “OVK/CMW Kampioen Ramteler 2016” toekenning vanaf John Melville van CMW (heel regs).

Mike van den Berg van BKB oorhandig die “BKB Teler van Kampioene 2016” toekenning sowel as die “BKB Victor Ludorum 2016” toekenning vir die vertoner wat die meeste punte verwerf het tydens die SA Kampioenskappe.

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

    Swartland Kampioen Slaglam

RPO se Swartland Kampioen Slaglam wat tydens Moorreesburg Skou in September vanjaar aangebied was.

Die wenner aan die haak was ‘n SA Vleismerino lam wat ingeskryf is deur mnr Jimmy van der Spuy van Adderley Boerdery in Durbanville. Die A2 lamkarkas het 24.3kg geweeg en is aangekoop vir R2650 deur mnr Tommy Moolman van Tomis Abattoir naby Hermon. Weens die ideale vetverspreiding van die lam, het dit bykans volpunte behaal vir die verhouding van vleis : onderhuidse vet wat objektief deur SAMIC gemeet word.

Op die foto staan mnr Jimmy van der Spuy en sy vrou Marine weerskante van die pragtige slaglam en Tommy Moolman is regs (Besturende Direkteur van Tomis Abattoir).

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

    Ouer stoete vereer op 2015 AJV

Stoettelers wat toekennings ontvang het tydens die ras se Algemene Jaarvergadering op 5 Augustus 2015 te Bloemskou, vir 30 jaar en langer stoetteling van S A Vleismerino’s.

30 tot 39 Jaar Stoetteling
Vlnr. Johan Kotze van Moorreesburg, Pieter Badenhorst van Colesberg, Manie Lombard van Oranjeville, PW van Heerden van Wesselsbron, Jan Haasbroek van Hoopstad, Buks de Wet van Graaff-Reinet, Niekie Pienaar van Vredenburg, Johann Strauss van Calvinia en Jacques Obermeyer van Klapmuts.

40 tot 49 Jaar Stoetteling
Vlnr. Riaan Myburgh van Moorreesburg, Francois du Bois van Porterville, Du Toit Cillié van Porterville, Gerrie Muller van Frankfort, Faan Greyling van Lady Grey, Hendrik Joubert van Bultfontein en Niekie Fourie van Christiana.

50 tot 59 Jaar Stoetteling
Vlnr. Hugh Smith van Dordrecht, Manie van Niekerk van Kroonstad, Hennie Vermaak van Clocolan, Hannes Hanekom van Eendekuil en Henning Vorster van Middelburg (Oos-Kaap).

60 Jaar en langer Stoetteling
Vlnr. Hugo Wiehahn van Caledon, Whellan Simkin van Dewetsdorp, Jan van Biljon van Viljoenskroon, Francois Vorster van Lady Grey en dr Buks Olivier van Wes-Kaap Departement van Landbou te Elsenburg.

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

    Die vyfling met hulle uitsonderlike moeder 13-066 HWB

Op die fotos is die lammers 90 dae oud en weeg gesamentlik 189kg, met die swaarste lam reeds 42kg. Hulle was verwek met natuurlike paring met ram 13-091 HWB. Die ooi het normaal gelam sonder enige hulp. Die lammers het tot op vyf weke ouderdom elk 500ml “Suromel vir lammers” as byvoeding ontvang. Die ooi met haar vyfling het bedags op rooigras weiding gewei en het saans lamhokkiekorrels in die kraal ontvang.

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

    SAVM vereer Koos Pansegrouw

Die SA Vleismerino Telersgenootskap het tydens verlede week se Nasionale Skou ‘n oorkonde oorhandig aan mnr Koos Pansegrouw, bekende boer van Rouxville, wat vir 23 jaar die mikrofoon hanteer het. Mnr Pansegrouw met sy kwinkslae het met welslae die aankondigings hanteer sedert die dae toe hy nog ‘n verteenwoordiger was destyds by Coopers Dieregesondheid. Coopers se naam het verander na Hoechst en later na Intervet tot en met sy uittrede by hulle (deesdae bekend as MSD). Hy het ook altyd as seremoniemeester opgetree by alle aandfunksies van die SA Vleismerino’s. Die SA Vleismerino mense het groot waardering vir Koos Pansegrouw se opofferinge oor baie jare en wou hom graag op gepaste wyse vereer vir sy jarelange diens en bydrae tot die sukses van die jaarlikse Nasionale Kampioenskap-skou vir SA Vleismerino’s wat elke jaar gedurende die 3de week van Maart by Bloemfontein Skougronde aangebied word. Koos Pansegrouw is baie lief vir diere en vir mense en het altyd tyd vir ‘n grappie met sy opgeruimde geaardheid.

Koos Pansegrouw (links), waar Jan Vosloo aan hom die toekenning (oorkonde) tydens verlede week se SA Vleismerino Nasionale Kampioenskappe oorhandig het in die BKB saal te Bloemskou.

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

    2014 SAVM Toekennings

Tydens die Algemene Jaarvergadering van SA Vleismerino lede (op 5 Augustus 2014) is 4 van die “veteraan” telers vereer met oorkondes vir hulle positiewe bydrae oor baie jare tot die bevordering van die SA Vleismerino ras.

V.l.n.r. : Jan van Biljon van Viljoenskroon, Hugo Wiehahn van Caledon, Gerrie Muller van Frankfort en Johann Strauss van Calvinia.  

Sakevennote / Borge:    ___________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Vinnige Skakels
_________________________________________
Kontak Besonderhede
__________________________________________________
Vrywaring
_________________________________________

       ■    Kalender
       ■    Veiling Pamflette
       ■    Veiling Uitslae

       ■    Tel: (051) 522 6827
       ■    Tel: 084 580 3413
       ■    E-pos: sammsheep@yebo.co.za
       ■    Data:  savmdata@yebo.co.za

       ■    © 2012 - 2024
       ■    SA Vleismerino Genootskap
       ■    Terme & Voorwaardes