Die Vredebest-stoet is begin op 2 November 1977 met die aankoop van 39 geregistreerde ooie van mnr. J.P. Eksteen van Piketberg. Daarna is ooie ook van ander telers aangekoop. Natuurlike aanwas het gesorg vir genoeg ooie om vier ooigroepe of ooifamilies te vorm teen die einde van 1981. Vanaf hierdie datum is sikliese parings toegepas om inteling te bekamp.

Ramme wat aangekoop is, moes een van ‘n meerling wees en is verkry van telers wat die belangrikheid van vrugbaarheid besef het. Gevolglik is redelik swaar geleun op die Elsenburgse stoet wat beheer was deur mnr P.J. van Rensburg - een van die pioniertelers van die ras. Ramme is onder andere ook verkry van die Universiteit van Stellenbosch en telers met goeie ooikaarte, soos mnre Leon Goodman, Jimmy van der Spuy en andere. Algaande is meer van eie ramme gebruik gemaak.

Prosedure
Gedurende 1992, toe daar vyf ooifamilies was, is besluit om drie ooifamilies te sluit en by hulle slegs Vredebest-ramme te gebruik. Die orige twee families was “oop” m.a.w. vreemde en eie ramme is daar gebruik.

Die drie geslote families het vir 17 jaar geen vreemde bloed ontvang nie. In 2009 is vreemde ramme ingebring wat volgens BLUP-tegnologie uitgesoek is. Die nageslag vaar tans uitstekend. Daar word voortgegaan met silkiese parings en die inbring van nuwe ramme word nie in die nabye toekoms beoog nie.

|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|

Abstract:
The Vredebest Mutton Merino Stud was founded during 1977 with a view to breed a more profitable sheep. This was accomplished by putting the main emphasis on fertility. Figure 1
(see SELEKSIE) shows remarkable success in this regard. Over 36 years the fecundity was improved from about 140% to 180%, despite a low heretability for this trait. In recent years focus was increased on growth of lambs. According to figure 2 (see SELEKSIE) the growth of lambs was well above the average for the breed. These two characteristics are considered the most important from an economic point of view. Hopefully these characteristics can still be improved in future by using BLUP- technology.
 

 

© 2013  Vredebest SA Vleismerino Stoet